Geagte Direksie
Wat ‘n belewenis!
Die natuur is asemrowend mooi en ons het dit baie geniet. Trouens ons het nog ‘n eksta dag langer gebly om dit nog verder te geniet.
Die wandelroetes was mooi oop gekap, dus kon lekker baie stap. Dankie daar voor.
Ons tent was gereeld versorg en was skoon.
Die handreelings by die tent is nie onderhou nie en val uit mekaar. Die plank loopvlak is plek-plek stukkend en ongelyk. Reelings is verweer en het minstens verf nodig.
Die kombuis is skoon maar het aandag nodig. (Paal om dak te stut in die middel van die vloer) verf is dringend nodig. Breekware laat veel te wense oor. Getalle en beskrywings op inventaris klop nie en breekware is gemerk (chiped). Die yskaste is ‘n pluspunt, dankie daarvoor.
Die waskamers is heel gerieflik maar ons het gesukkel met die warm water vir stort. (Gasbrander hou nie by nie). Skuifdeur skuif nie meer by die “mans” nie.
Ons het nie probleem met kamp nie en het dit na alles BAIE geniet maar ek sal moeilik ander mens aanbeveel om aMatikulu toe te gaan as hulle nie die toestand ken of verwag nie. ‘n Laaste aanbeveling: Ons het nie ‘n amptelike kwitansie van EZEMVELO KZN WILDLIFE vir die ekstra dag ontvang nie, net ‘n gewone kwitansie soos in die winkel tekoop is. Dit laat die deur oop vir versoeking en korrupsie.
Ons beplan om volgende jaar DV weer aMatikulu toe te gaan.
Sterkte
A J van Tonder.
Andries J van Tonder (RSA)