Ons het in Highland Mountain Retreat gebly.
Dit is regtig pragtig!
Die enigste probleem wat ek het is dat die GPS koordinate jou net neem tot by die hek. Gin mens weet dat die ontvangs by die karavaan plek die algemene ontvangs is nie. Daar is ook geen bordjies wat aandui waar die log cabins is nie.
Ons het eers half 8 in die aand daar aan gekom, en om eerlik te wees, niemand kan ruik dat die sleutels dan by die petrol stasie afgehaal moet word nie. Ek het via die internet bespreek, ek kon regtig nie ruik hoe dinge werk nie, ek het aangeneem dat iemand ten minste hierdie detail sou deur gee.
Buiten die bogenoemde, was die diens baie goed en is die blyplek baie netjies en mooi. Dit is regtig mooi en skoon.
Liezel Kriek (South Africa)